Friday, August 5, 2011

Maanlig Mark by die Rabbit Hole

 Marian Botha het klaarblyklik die onmoontlike reg gekry by Lappies & Lalie deur die Bejaarde Dagsorg se eerste vertrek reg te maak. Die deure is geopen teen 1 Augustus 2011. Baie dankie aan Marian en haar span Pascoal Maheme en Lebo Mocumi.
 Soos julle kan sien is die gat gegrawe maar die kabel ontbreek. Ons nodig R 18 000.00 om krag toevoer na die perseel aan te le. Skakel ons op 011 953 4075 of stuur 'n e-pos na lareynette@polka.co.za as u 'n bydrae wou maak.
 Verdere fotos van die perseel en doenighede is aangeheg. Sien ook die fotos van Rabbit Hole waar La Reynette Centre verlede Vrydag die Bejaarde Dagsorg bekend gestel het.

Gaan koop gerus 'n jean handsak of laat jou favorite jean in 'n handsak omskep word 

Dasse word in sakke omskep. Die kuns kamer wil graag die Bejaardes besig hou met soortgelyke handwerkies




Die hoenders soek die ou wat die kabel vir ons wil betaal. 'Hy was nou-nou nog hier' kekkel hulle


'n Spesiale dankie aan Rabbit Hole wat ons so warm ontvang het. Van links staan Reinetta Ridley, Esma du Plessis, Marian Botha en Rothea du Plessis. Baie dankie ook aan jou Eksteen (seun) dat jy sonder om te skroom ons dadelik ge-akkomodeer het.
Rabbit Hole se telefoon nommer is 011 665 3242.
Hulle gastehuis is fantasties en hulle open 'n restaurant op die perseel in Oktober. Gaan gerus, julle sal dit baie geniet.

Iemand het eendag vertel dat daar geen goeie restaurante op die maan is nie. Dit het die mense laat frons totdat die ou verder vertel. "dit is omdat daar geen atmosfeer is nie"

Rabbit Hole het nie daardie probleem nie. In teendeel...doen jouself 'n guns en gaan net! Van hassies en doppies en munte en skilderye.

Rothea maak die lekkerste en beste warm sjokolade. Is, vra hierdie ou, hy sal vir julle vertel.





About Me

La Reynette Centre
View my complete profile

Followers

Powered by Blogger.