Tuesday, May 31, 2011

Doileys vir Plekmatjies

 Sy is 81 jaar jonk, speel klavier vir onder andere Vriendskaps Tuiste, doen Randhart Tuiste se boeke en almal ken haar vir haar spesiale sjokolade geskenkies. Hettie Alkema het die laaste twee weke hier by ons in La Reynette Centre gebly en almal het haar sagte manier van wees geniet. Hoe gelukkig was sy nie dat sy daar was om een van Jenny Hugill se spesial kuns klasse by te woon nie. Jenny het saam gelag en geskerts terwyl sy almal gewys het hoe om die doileys se vaal voorkoms op te kikker. Hettie Alkema is die trotse moeder van Reinetta Ridley, eienaar van La Reynette Centre.
 Lilly Sella se neus is net net in die prentjie terwyl Jenny konsentreer op haar taak terwyl Hettie Alkema al klaar is en 'n lekker happie en teetjie geniet. Rooibos, twee suiker, niks melk.
Andries Koekemoer het homself oortref en drie doileys geverf, wat beteken die wat nie die klasse kan meemaak nie, kry darem ook 'n ontwerpers plekmatjie. Dankie Andries. Jy is 'n regte staatmaker.

Dankie Jenny, jy het jouself weereens oortref. Ons kan nie wag om te sien wat jy volgende vir ons gaan leer nie.
Monday, May 23, 2011

Confidence with Karen

Karen is 'n pragtige mens wat by Confidence Haarkappers werk. Hier is sy by Magriet Gous wie se hare sy gesny en geblaas het.
Karen het 'n spesiale plek in haar hart vir ou mense. Bel haar gerus op cell foon nommer 082 491 2544 om jou dierbare se hare op te kikker.
Karen is ook goed met naels versorg en sal selfs na ure u geliefde kan help. Haar basiese tariewe is:  
Cut & Blow  -  R 100.00
Mans            -  R   50.00
(ongelukkig nie diabete nie) Naels  -  R   50.00
Ons almal hier by La Reynette Centre wil jou net van harte bedank vir jou wonderlike diens en pragtige energie. Jy is voorwaar 'n aanwins vir ons.
Thursday, May 19, 2011

Moedersdag met Lelane by La Reynette Centre

Dankie vir die wonderlike dag wat ons saam met jou kon spandeer het. Jy is tops!
Bel gerus vir Tobie Stear om vir Lelane Lourens te bespreek vir 'n vertoning op 078 152 9079
 Jy het nie net ons harte koek gesny nie, maar jy het definitief ons harte gesteel...
Almal sit en luister na die soet klanke van Lelane se  pragtige stem.
 Tienke Bosher is hier saam met die pragtige mensie van sang en musiek. Skakel haar gerus vir veredere inligting of as u enige donasies wil maak aan Lelane se bediening.
 Die duitsers sit in die voorste 'linie'. Alles gute familien Seeber! und ... Margaret, schone urlaub wunsche fur dich!
 Pragtige Betsie en Magda en mans. Ons het julle teenwoordigheid waardeer. Dankie dat julle by ons was.


 Ouma Barbara Sliep en haar kinders.
Lelane sing nie net nie, sy vertel mens ook van haar. Dit is lekker wanneer iemand jou so kan intrek in hulle lewens in en so bereikbaar maak. Haar hart behoort aan die aller hoogste en haar spraak kondig dit aan. Jy is baie spesiaal en ons hoop om jou weer te sien optree hier by ons.

Royal Wedding gone to the Dogs

So, you have read about me in the Krugersdorp news. I am Shadow, the classy dame holding out for a prince on his white horse.

We will be missing you

Jean Allen, your beauty and class will surely be missed. We can only hope your stay with us was comfortable and brightened up a little by these two young ladies. Lots of love from La Reynette Centre staff.

Esme de Clercq, you never complained, never did you ask for much. We hope we added some colour to your last days. Much love. La Reynette Centre staff.
Tuesday, May 17, 2011

Nog meer Moedersdag oomblikke met Lelane Lourens

Dieter Gross, Ann Dames en haar suster Hettie Alkema 


Reinetta Ridley eienaar van La Reynette Centre

Ann Dames en Margaret geniet die feesmaal wat Reinetta voorberei het. Graham Ridley kyk dat alles ordelik verloop.

Ouma Meisie Pretorius met Oupa Piet Niemand agter haar.

Kleine ogies, grote ore.

Reinetta bedank Lelane...

En weer,

en vanuit die diepste wese van haar hart,

Esme de Clercq geniet haar heel laaste optrede.

nog meer wyse woorde.

met mooi klanke...

met diepste dankbaarheid.

Ons pragtige Daniel Carvalho en sy wonderlike vrou Theresa.


Bekoorlike musiek vir 'n ontvanklike gehoor.

Ouma Lydia Seeber hoor alles eerste.

Hier saam met Hettie Alkema aan haar linker kant.

Lelane was vroeg en het elke mamma bemoedig, hier met Sue Dippenaar.

en die "mamma's to be" geleer hoe om harte te breek (ok, sny)


en hoe om 'n label te bou...

Die de Lange's, Koekemoere en Davis na die opvoering.

Lilly Sella, die mooiste mamma.


Barbara Swanepoel en haar gesin.

Esme se familie met Ann Dames en Hettie Alkema.

Saturday, May 14, 2011

A Royal Wedding to Remember

 Ouma Nellie de Lange was our Regal Queen Elizabeth lookalike.











Reluctant to share the limelight, she eventually consented to have her picture taken with Princess Celeste to her left and on her right hand Princess Amber.















On this special occasion, strong and healthy kings were very scares and the girls fought over the attention of King Daniel Carvalho.



 Queen Matron Coomans from the sister hood would have none of that and claimed King Daniel for herself.









Princesses Amber and Celeste would not be put off and found the lovely Lady Lydia of the land Seeber, all the way from Germany.









Queen Reinetta Ridley from Alkemaar tore Queen Matron Coomans away from King Daniel Carvalho to introduce her to the lovely Lady Lilly Sella from Italy. A day to remember. A big thank you to all of you who made an effort to make this day, a day of celebration with the whole British nation. Well done, you sure showed the world that you have class.
Thursday, May 12, 2011

Easter Cards crafts workshop with Jenny Hugill

The first Picture:
A big thank you to Jenny from Seronda Valley who took time out of her busy schedule. Here she is to the right of the table with Mary Binet, a retired occupational therapist.
To the left front Andries Koekemoer is giving his task his full attention.
Anton Bosch is contemplating his options and Matron Coomans is inspecting, together with Oupa Tienie Matthyser, his handy work.
Ouma Nellie de Lange is duly served in the back ground whilst Lilly looks on.









Second Picture:
 All completed, Andries Koekemoer congratulates Lilly Sella for her wonderful contribution to the task. A special ray of light
springing up unexpected.
All the cards have been given to family members in lue of the Easter celebrations.

Ouma Meisie Pretorius is minding her own business in the background.




Third Picture:
From the back left is Jenny Hugill, Lilly Sella, Oupa Piet Niemand.
Left front sits Anton Bosch, Andries Koekemoer and Daniel Carvalho.

A job well done. Thanks to all our elderly.

Jenny is a Registered Professional Nurse. She is a First Aid and CPR instructor and holds the title of Health Representative for wards 17 & 19.
Feel free to contact her on 072 675 3794 if you want to join her community craft workshop or are in need of First Aid training.
Wednesday, May 11, 2011

Skool Kinders gee om

 Amber Welkin het haar inspirasie van 'n paar winters blaartjies gekry. Sy het mamma gevra om haar te help en vinnig het ons almal kaartjies vir ons bejaardes gemaak vir Paarfees. Sy en Monica Ridley het dit uitgedeel en vir almal mooi bemoedigende glimlaggies gegee. Baie dankie julle, ons waardeer dit baie.

 Monica, Ann Dames (inwoner) en Amber.
Amber met 'n voorbeeld van die kaartjies

About Me

La Reynette Centre
View my complete profile

Followers

Powered by Blogger.