Tuesday, May 31, 2011
Doileys vir Plekmatjies
Sy is 81 jaar jonk, speel klavier vir onder andere Vriendskaps Tuiste, doen Randhart Tuiste se boeke en almal ken haar vir haar spesiale sjokolade geskenkies. Hettie Alkema het die laaste twee weke hier by ons in La Reynette Centre gebly en almal het haar sagte manier van wees geniet. Hoe gelukkig was sy nie dat sy daar was om een van Jenny Hugill se spesial kuns klasse by te woon nie. Jenny het saam gelag en geskerts terwyl sy almal gewys het hoe om die doileys se vaal voorkoms op te kikker. Hettie Alkema is die trotse moeder van Reinetta Ridley, eienaar van La Reynette Centre.
Lilly Sella se neus is net net in die prentjie terwyl Jenny konsentreer op haar taak terwyl Hettie Alkema al klaar is en 'n lekker happie en teetjie geniet. Rooibos, twee suiker, niks melk.
Andries Koekemoer het homself oortref en drie doileys geverf, wat beteken die wat nie die klasse kan meemaak nie, kry darem ook 'n ontwerpers plekmatjie. Dankie Andries. Jy is 'n regte staatmaker.
Dankie Jenny, jy het jouself weereens oortref. Ons kan nie wag om te sien wat jy volgende vir ons gaan leer nie.

Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Blog Archive
-
▼
2011
(25)
-
▼
May
(11)
- Doileys vir Plekmatjies
- Confidence with Karen
- Moedersdag met Lelane by La Reynette Centre
- Royal Wedding gone to the Dogs
- We will be missing you
- Nog meer Moedersdag oomblikke met Lelane Lourens
- A Royal Wedding to Remember
- Easter Cards crafts workshop with Jenny Hugill
- Skool Kinders gee om
- Bead This items for sale to assist Jenny to fund h...
- Bead This at La Reynette Centre
-
▼
May
(11)
About Me
- La Reynette Centre
Followers
Powered by Blogger.
0 comments:
Post a Comment