Tuesday, June 21, 2011
Lappies en Lallie kry 'n 'Facelift'
Lank, lank gelede. Verlede jaar toe dit nog Oktober was, het drie meisies besluit dat hulle kans sien om Lappies & Lallie uit die puinhoop van sy bestaan te red. Die gemeenskaps projek sou alle fassette van die gemeenskap aanraak. Reinetta Ridley bedryf La Reynette Centre en het goeie kennis van bejaardes en verswaktes. Anneke Viljoen is 'n geestelike sanger van formaat en bestuur Grace Music Outreach Ministries. Sy gaan die jong mense oplei in drama en sang. Marian Botes se hart is diep gewortel vir die saak. Sy sal die dagsorg vir bejaardes bestuur maar neem ook verantwoordelikheid vir die instandhouding van die gronde aan.
Bewysstuk nommer een. Die vervalle toilette is herstel deur 'n bekwame loodgieter wat deur Anneke aangestel is. Anneke vertel van baie borge en ons sien daarna uit om julle van hulle te vertel een van die dae.
Allerhande goetertjies was te koop om fondse in te samel vir die reuse projek.
Soos dit maar gaan, was die 'jumping castle' beset met voornemende akrobate.
Van toeka se dae, is die gronde slag gereed vir die stamp van gemeenskapsvoete. Marian se vlytige hande maak alles vinnig nommer pas.
Gister se kunstenaar het die mure laat blom in verbeelding. Vervang met mooi wit mure om aan Mogale se Gesondheids regulasies te voldoen.
Die kinder tonnels in wurm se kleur laat die werf lag met opgewondenheid.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
0 comments:
Post a Comment