Monday, June 13, 2011

The Piet Niemand 81st Birthday Bash

 Ek kon nie glo toe ek 81 brandende kersies op een koek sien nie. Dit is waar, oupa, jy het dit gemaak. Ons wil net oupa geluk wens met die mylpaal. Mag oupa nog baie jare vir ons gespaar bly. 3 Junie is tog so 'n spesiale dag en oupa maak hierdie dag net meer spesiaal.
 Marie, jy is darem 'n vrou duisend. Altyd besig om almal te bedien en gelukkig te hou. Oom Corrie kyk en praat en eet tegelyke tyd. 'n Mens kan nie vertel wat is die beste nie. Die mooie dames, goeie geselskap of die lekker eethappies.

 Hans, jy kruip verniet weg agter in die hoekie agter oom Corrie. Ek sien jou en ek weet jy het die grootste stuk koek gevat. Ma Lasea maak nie verniet sulke groot oge in jou rigting nie.
 Matrone Coomans het net 'n oomblik gehad om oupa van harte toe te wens toe moes sy weer hardloop. Dankie Matrone!
 Nog geluk wensers op die telefoon!
 Moenie worry nie, Marie, Apie is op pad!
 Mmm, ek wonder hoekom ruil die mans sleutels uit. Is dit nie gewoonlik telefoon nommers nie? En dit agter die vrouens se rug...
 Martie Heymans is druk besig om die ander pasiente en staf te bederf met die offergawes van die van den Berg's en Niemand's. Almal moet feesfier, is die goedhartige mense se motto...
 Tannie Sarie Easton kyk skelpies vir oom Josef Venter in die agtergrond. Chips, daar kom sy vrou. (Gedink ons het nie gesien nie!)
 Ja Oupa, die pad na 'n man se hart is nog steeds deur sy maag.
Uiteindelik kyk almal gelyktydig vir my. van links Hans Niemand, Corrie Niemand, Lasea Niemand, Sarie Easton en Marie van den Berg. Sjoe, so baie mooi mense tesame.
 Mr. Daniel Carvalho salutes you!
 Apie van den Berg het uiteindelik opgedaag. Almal groet weer.

 Bederf mense, groot bederf vir elke pasient en staf. Dankie ouens, julle is cool. Ons waardeer julle moeite.

Sarie het besluit sy gaan nou vir oom Venter ook 'n bordjie skep.
Dis nou 'n mooi foto
Ek verstaan nie Marie, jy skep en skep maar die kos wil nie klaar word nie

Ja, meisiekind. Sit nou. Jy het jouself oortref. So hard gewerk en jy lyk nog steeds so pragtig soos altyd.

0 comments:

Post a Comment

About Me

La Reynette Centre
View my complete profile

Followers

Powered by Blogger.