Tuesday, June 28, 2011
Vadersdag met Stefan
Hierdie Sondag het ek iets spesiaals belewe. Dit is soms hartverskeurend wanneer 'n mens moet toekyk hoe die ouderdom mense niks maak nie.
Hierdie dag het sy kleure gedraai met Stefan se diep manlike stem. Vadersdag het een moeder se ogies laat opflikker en nuwe lewe het sy draai in haar lyf gemaak soos wat ek nog nie in haar gesien het nie.
Tannie Meisie Pretorius (inwoner vir 4 jaar) het my na my asem laat snak toe sy toegelaat het dat die hede haar ontvoer het na 'n verlede wat gebokspring het.
Bewys nommer 1: Kyk na my ouma in die blou baadjie aan die regterkant. Sy het behoorlik vadersdag gekaap. Oupa Piet Niemand aan haar sy het net toegekyk en lekker saam gelag...
Stefan jy het dit my ou!
Ek weet nie of dit net oor die blou gegaan het nie maar tannie Meisie se swaai het aansteeklik geword. Hier is oom Andries Koekemoer ook in ekstase. Stefan het na afloop aan almal 'n geskenkie gegee.

Subscribe to:
Post Comments (Atom)
0 comments:
Post a Comment